







RSVP voor 22ste JANUARIE 2021
ONS STORIE

CHRISTO STANDER
Bruidegom
Van ons heel eerste koffie saam het ek geweet dat jy iemand spesiaal is en dit was nie lank nie toe was ek heeltemal verlief op jou. Om tyd saam jou te spandeer was nog altyd lekker en om die res van my lewes saam jou te wees kan nie anders wees as awesome nie. In die tyd wat ek jou leer ken het het ek van die beste tye in my lewe gehad, en dit sou nie naby so goed gewees het as jy nie by was nie. Jys die beste Blondie in die wêreld en ek kon nie vir iemand beter gevra het nie. Ek kan nie meer wag om ons lewens saam te begin nie !!

NERISA COETZEE
Bruid
“Dit sal kom wanneer jy dit die minste verwag”…… Hoeveel van ons het nie al daardie woorde gehoor nie. Nooit het ek gedink sou ek werklik die liefde van my lewe, my beste vriend ontmoet op ‘n plek waar ek dit glad nie verwag nie ontmoet. Dit was nie lank nie voor ek geweet het jy is die man wat ek die res van my lewe mee wil deel nie. Ons kan vir ure lank met mekaar gesels oor alles en ook oor eintlik niks nie. Jy is die persoon wat my kan laat huil van die lag op die onmoontlikste tye en ook my hand kan vashou in die moeilike tye!
Woorde kan nie beskryf hoe lief ek vir jou is nie. Elke paadjie wat ek gestap het in my lewe, al die opdranes, die hobbels en ook die reguit stukkies, het my gelei tot by jou. Die Here het my onbeskryflik geseën om jou vir my te leen vir die res van my lewe. Van die eerste keer wat jy my hand in joune gevat het, van daardie dag af het jy my hele hart saam jou gevat.
AL MY DROME HET WAAR GEWORD DIE DAG WAT EK JOU ONTMOET HET!!!!
DIE GEVOLG
- STROOIJONKERS
- BRUIDSLAFIES








